die Moukissie

letters – my little black children running wild in the world …

Die bekoring van F

coffee_notebook‘n Minder akademiese benadering tot die etimologiese verskynsels rondom die letter “f”.


Ek is seker elkeen van die 26 sal hulle eie storie hê. Dat nr 6 nou juis my aandag getrek het kan ek nie verduidelik nie, maar hy het. In al sy glorie. Ek stel bekend – soos ek hom ontmoet het – “Kieriekie ef”. ‘n Gepaste assosiatiewe naam – hy lyk dan soos my oupa se kierie!

Woorde was nog altyd vir my baie interessant. Groepies letters wat saamstaan om iets te beteken en in die vertoning van sinne dans hulle in verskillende betekenisse. Dis dan wat elke gesprek ‘n stukkie teater in het, grepies vertoning wat ons tussen mekaar laat uitspeel.

In elkgeval, terug by die “ef“.

Dit wil lyk of woorde wat met ‘n “f” begin bietjie meer gewig het. Fantasties, dis byvoorbeeld ‘n lekker woord. Juis omdat ‘n mens sommer die simbale in die woord hoor wanneer jy dit sê: Fantasstiess! Die woord skep amper die verwagting dat daar iewers in die omtrek ‘n orkes ook skuil.

alphabet_lettersNie alles wat soos “ef” klink lyk soos ‘n kierie nie. Kyk maar net na twee van my gunsteling woorde: Onvermurfbaar en onverpoos. Wanneer ek hulle sê voel ek soms sommer versadig ook.

Skeldwoorde het ook hulle spesifieke bydrae as dit kom by F.

Soos flippen. ‘n Lekker woord net-net gevaarlik maar nie té kragdadig nie. Eintlik sê hy so lekker sommige het hom verkort en die opsie gegee om as naam gebruik te word! Flip.
Nou kan jy iemand roep en verjaag met dieselfde woord! FLIP! Jy kan ontsteltenis en vreugde in dieselfde woord uitdruk. Alles met dieselfde “Flip!”.

Nou nie om enige iemand te beledig nie, maar blykbaar is daar altyd iemand wat bietjie meer konserwatief was of net sukkel om hulle lettertjies te kry om mooi in rytjies stil te staan… dit het die ontwikkeling van die volgende F tot gevolg gehad. Philip. Dis soos flip, hy vloek nie so lekker nie maar die ef is darem daar!

Van alles wat ek het en selfs dit wat ek nie het nie, is taal waarskynlik die lekkerste speelding wat my ouers nóg vir my gegee het. Ek was nog op skool toe ons van meervoude geleer het. Dit was ‘n interessante ervaring om te besef dat ‘n woord soos effens is eintlik ‘n enkelvoud. Jy kan nie sê: “effen” nie, wel nie in ordentlike geselskap nie. Dis effe onvanpas.

Jy mag dalk reken dat ek iets van F uitgelaat het? Mmmm… daar is wel twee sleutel eFwe wat ek nie aangespreek het nie. Beide sê eintlik dieselfde, behalwe dat ek dalk ‘n reël van die een kan maak.
Die eerste: jy het “ef” en iets nodig. Soms is iemand so in vervoering dat hulle sommer net die reël roep: “f-en“… dan dink ek gewoonlik: “Ja? ÉN wat?”

Ps: Dis selde ‘n respekvolle reaksie om te toon, en mag dalk nie die gewenste resultate lewer nie.

Die tweede is die eenvoudige toepassing van F op sy eie. Moet nou nie jou uitspraak van die frikatief verkeerd beywer nie! F op sy eie is nie f-en iets nie. Dis f soos in pfff. ‘n Lieflike suis-geluid wat baie meer sê as wat dit klink. 🙂


 

Word_Betaal_InGoudEk verdien so in goud, kyk gerus die video.

Advertisements

Single Post Navigation

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: