Agter die skerms …
Hoekom juis ‘moukissie‘?
(Ek dink dit staan iewers tussen die flenters van notas op dié bladsy …)
Hier, op my moukissie, is waar ek ‘die aap uit die mou laat’ en soms selfs ‘my hart op my mou dra’. Dan is daar die spreekwoordelike ‘seepkissie‘ waarop ek op ‘n hoek van ‘n straat in hierdie digitale dorp kom staan en vir wie ook al wil lees, my woorde deel.
Ek is nie bang vir wat jy van die woorde dink nie, want immers behoort die woorde op hulle eie aan niemand nie. Soos kleur nie aan die skilder behoort nie, is net die prentjie myne en hoop ek jy sien en beleef iets van dit wat ek in hulle rangskikking wou laat pryk.
Ek waardeer jou spore hier deur die letters maar terwyl jy hier is – skryf gerus iets in die sand.
ß)