Entry for 31 May 2008
Probeerslag nr. 3
Die mees onlangse gedagte kry ‘n siniese glimlag.
Ek is weer terug op die Spoeg-en-Plak bladsy. (nogal op Republiekdag …)
Dis al amper twee jaar vandat ek hom gestig het en sy is hoogs verwagtend vir die nuwe seisoen. Na ‘n vriendin aangedring het dat ek een skep het ek onthou dat ek inderdaad nog voor die “Gedagtes” begin het die idee gehad het om so ‘n loerbroer-bladsy te bedryf. Jammer, daar sal seker geen stort verhale wees nie …
Dit was dan die kort weergawe van die storie.